Ja, ek weet ek was blerrie slapgat die laaste tyd maar n Boer moet darem so nou-en-dan n bietjie boer ook ... kannie heeldag voor die blessitse computer sit nie! Nou voel n mens boonop aardig om deesdae n boer(of is dit Boer?) te wees, veral in die lig van daai poephol en sy vrou wat n plaaskind na bewering vermoor het.
Die idiotiese paartjie het natuurlik n nimmereindigende lang lat vir mede-boere gepluk wat periodiek oor ons gemeenskaplike agterente neergebliksem sal word net om die wereld te herinner watse lae gespuis die Boere nou eintlik is. Elke boer en sy vrou is van nou-af n kindermoordenaar en/of molesteerder....Nosey Pieterse, en Women on Farms, en Tony Ehrenreich en elke ander Boere-hater sal hierdie gemors aangryp om boere verder te demoniseer.
Om Boer te wees voel alreeds deesdae soos om n roker te wees...jy wag byvoorbaat vir die vuilkyk, die kwetsende opmerking, of die lyftaal wat totale misnoee en irritasie uitstraal. Die rokery het ek gelos, maar hoe gemaak met die boerdery? Lees tog n bietjie wat skryf die menseregte-aktivis Rhoda Kadalie nou die dag in n bekende Kaapse dagblad:
"The Cape times recently reported that 20 000 farmers have left the land because of low import tariffs and the dumping of cheap agricultural products from rich countries where farmers are heavily subsidised. Add to that the more than 2000 farmers murdered since 1994, and the picture looks grim.
"Nothing is done to protect agriculture, leaving a tenuous food security situation. We are ironically losing farmers to Mozambique and other neighbouring African countries, where many have started new lives with the support of their new host countries.
"As with the doctors who leave in droves, so too, farmers are leaving in great numbers, not least because of land expropriations...and the lack of support from the government."
Maw, daar is darem nog denkende mense wat begrip toon vir die landbou-sektor in SA, maar ek's bevrees die kalf is al n bietjie diep in die put...maar laat ons nie neerslagtig raak nie WANT die melkprys klim mooi elke maand, wol is lewendig en lus vir verdere stygings, vleispryse is die beste ooit met uitstekende vooruitsigte, en selfs in die kleingraanbedryf is daar sprake van rekordpryse later vanjaar.
As die Springbokke nou ook net n slag ordentlik wil wen gaan ek dalk minder lus raak vir rook!
Friday, July 20, 2007
Subscribe to:
Posts (Atom)